Mozilla

Dataprivaatheidbeginsels

Die volgende vyf beginsels kom uit die Mozilla-manifes en bepaal hoe ons:

  • ons produkte en dienste ontwikkel
  • gebruikers se data bestuur wat ons versamel
  • ons vennote kies en met hulle werk
  • ons openbare beleid en voorspraak doen
  1. Geen verrassings

    Gebruik en deel inligting op 'n deursigtige manier tot die gebruiker se voordeel.

  2. Gebruikerbeheer

    Ontwikkel produkte en pleit vir beste praktyk wat gebruikers in beheer plaas van hul data en ervarings aanlyn.

  3. Beperkte data

    Versamel wat ons nodig het, deïdentifiseer waar moontlik en vee uit wanneer dit nie meer nodig is nie.

  4. Sinvolle instellings

    Ontwerp vir 'n weldeurdagte balans tussen veiligheid en gebruiker-ervaring.

  5. Diepgaande verdediging

    Sekuriteitskontroles en praktyk met veelvuldige vlakke, waarvan vele verifieerbaar in die openbaar is.