Mozilla

Firefox OS se privaatheidskennisgewing

Mozilla gee om oor jou privaatheid. Mozilla se privaatheidsbeleid beskryf hoe ons met jou inligting omgaan wanneer Firefox OS dit aan ons stuur.

Dinge wat jy moet weet

  • Bywerkings: Firefox OS probeer homself bygewerk hou deur outomaties aan 'n diens te koppel wat deur of namens die vervaardiger van jou toestel bedryf word. Firefox OS kontroleer ook outomaties vir bywerkings vir geïnstalleerde programme, deur 'n versoek aan die Firefox Marketplace te stuur (of indien jy 'n program uit 'n ander ligging geïnstalleer het, dan daardie program se ontwikkelaar se dienste).
  • Ligging: Wanneer jy liggingdienste aanskakel, kan Firefox OS moontlik meerdere datapunte en entiteite gebruik om jou ligging te skat, waaronder GPS, AGPS en ander geoligging-diensverskaffers. Jy kan liggingdienste in Firefox OS se "Instellings"-program op jou toestel deaktiveer. Leer meer oor AGPS se diensverskaffer-bepalings.
  • Aanvanklike aktivering: Ten einde toepaslike bywerkings en programme te lewer, stuur Firefox OS aan Mozilla 'n eenmalige datapieng wanneer dit vir die eerste keer aangeskakel word. Kom meer te wete
  • Programgebruik: Ten einde inhoudspeur op Firefox Marketplace te verbeter, stuur Firefox OS “programgebruik-inligting” aan Mozilla (soos aktiewe gebruiktyd, aantal oopmaak/toemaak/omval, lys gedeïnstalleerde programme op Firefox OS-toestelle). Jy kan die deling van programgebruik-data in Firefox OS se “Instellings”-program op jou toestel deaktiveer. Meer inligting
  • Inligting oor soekenjin-verskaffer: Ten einde soektogte op Firefox OS-toestelle te verbeter, stuur Firefox OS inligting aan Mozilla oor watter soekenjin die soekresultate op die toestel lewer. Jy kan die deling van inligting oor soekenjin-soekresultate in Firefox OS se “Instellings”-program op jou toestel deaktiveer. Meer inligting

  • Indien jy programme gebruik wat deur iemand anders as Mozilla gemaak is, sal hul privaatheidsbeleid geld.
  • Met Firefox OS kan jy verskeie geïntegreerde derdeparty-dienste gebruik, soos jou e-pos- of sosialenetwerk-verskaffer. Die privaatheidsbeleid van daardie dienste geld vir jou gebruik daarvan.

Kontak ons