Internet vir mense,
nie wins nie.

Ons is Mozilla, die trotse voorstanders van die Internet wat sonder winsbejag help om dit gesond, oop en toeganklik vir almal te hou.

Ons impak

Vanaf gemeenskapsvlak tot by beleidmakers gee ons onderrig oor webgeletterdheid, verskaf hulpbronne en doen voorspraak vir elke individu wat 'n Internet waardeer wat op regverdigheid, inklusiwiteit en respek gebou is.

Ons innovasies

Met die web as die platform bou ons oop, innoverende tegnologieë wat programmeerders toelaat om vry van geslote, korporatiewe ekosisteme te werk en só vinniger, veiliger webervarings vir almal te bou.

Blaai met gemak.

Ontdek onbeperkte potensiaal, eindelose moontlikhede en 'n wawyd oop Web.

Kry Firefox reg nou