'n Gesonde Internet is veilig en privaat

Die Internet sal slegs gesond bly as ons dit vertrou as 'n veilige plek – vir ontdekking, transaksies, kommunikasie en skepping. Ons privaatheid en sekuriteit aanlyn word voortdurend bedreig. Maar daar is iets wat elkeen kan doen: kry inligting, beskerm jouself en laat jou stem gehoor word. 'n Gesonde Internet hang van jou af.

Gebruikerbeheer: Besluit wie jou data kan versamel

Ons behoort almal te kan kies – met duidelikheid en selfvertroue – watter inligting ons met watter maatskappye deel, en te verstaan watse kompromieë ons aangaan in die proses.

Op die oomblik het ons almal 'n gebrek aan keuse aanlyn – privaatheidsbeleide is dikwels myle lank en moeilik om te lees, ons verstaan nie watter inligting ons wanneer deel nie, en mens kan selde kies om daarvan te onttrek.

Wat jy kan doen oor gebruikerbeheer

  • Beheer programme

    Maak seker dat selfoonprogramme slegs die nodige inligting gebruik. Gaan die instellings vir privaatheid en ligging na op iOS en Android.

  • Bestuur voorkeure

    Ken die instellings. 'n Mens se profiel en voorkeure kan bestuur word vir advertensies van Google, Yahoo! en Facebook.

Wat Mozilla doen oor gebruikerbeheer

  • Hoe ons ons eie beleid skryf

    Ons skryf ons privaatheidsbeleid in duidelike, verstaanbare taal.

  • Hoe ons ondersteunende produkte skep

    Ons maak soos ons praat met ons eie produkte, met eienskappe soos die vergeetknoppie, en Firefox Focus, ons private blaaier vir iOS.

  • Hoe ons die industry inlig

    Ons moedig die industrie aan en lig hulle in oor lenige datapraktyk.

Stelselsekuriteit: Beveiliging van sensitiewe inligting

Ons moet almal die vermoë hê om ons identiteit aanlyn te beskerm.

Dit voel deesdae of ons almal êrens op een of ander manier slagoffers was van 'n kuberaanval. Datadiefstal kan miljoene se wagwoorde ontbloot, wat dalk eers jare later ontdek word. Mens is dalk salig onbewus van hierdie risiko van identiteitsdiefstal.

Wat jy kan doen oor stelselsekuriteit

Wat Mozilla doen oor stelselsekuriteit

Afluistering deur regerings: Hou ander se neus uit jou besigheid

Ons moet almal die vrymoedigheid hê om onsself te wees — aanlyn en vanlyn – sonder afluistering, veroordeling en die samelewing se vooroordele wat afgedwing word.

Niemand wil hê die regering moet elke beweging monitor in die regte lewe nie – daar is ook geen rede dat hulle mens hoef te volg op die Internet nie. Die onthullings deur Edward Snowden het gewys dat selfs demokrasieë hulle vryhede met ons privaatheid veroorloof.

Wat mens kan doen oor afluistering deur regerings

Wat Mozilla doen oor afluistering deur regerings

Lus vir meer?

Lees meer oor privaatheid en sekuriteit in ons Internetgesondheidverslag.