'n Gesonde Internet is oop vir innovering

Die Internet is gebou met die belofte dat enigeen van ons die volgende groot ding kan bou. Maar om te kan aanhou met skep, verbeel en herontdek aan ons toekoms aanlyn, moet die boublokke van die Web oop wees vir almal. Saam moet ons verseker dat die beleide en wette wat dié boublokke raak, billik is ek goed werk. 'n Gesonde Internet word deur jou geskep.

Oopbronfilosofie: Dit hou die boublokke van die Web oop vir kreatiwiteit

Oopbronprojekte moet voortgaan om die hart van die Internet te wees sodat ons almal sy toekoms kan sien, verifieer en bydra daartoe.

Oopbronsagteware – tegnologie wat gebou word met kode wat oop staan om gesien, gebruik en gewysig te word – is die enjin wat 'n groot deel van die Internet aandryf, vanaf bedieners tot bedryfstelsels tot die robotte wat soekresultate verkry. Dis die infrastruktuur wat die Web werklik 'n openbare hulpbron maak: deursigtig, betroubaar en oop vir samewerking, sodat enigeen met 'n idee kan saamwerk. Maar net soos met ons infrastruktuur vir internetname moet ons aandag en hulpbronne toewys om dit te onderhou.

Hoe om by te dra aan oopbronprojekte

  • Dra by tot 'n projek

    Dra by tot 'n bestaande oopbronprojek. Word 'n Mozillian! Of gebruik OpenHatch om jou vaardighede by 'n projek te pas.

  • Skep iets nuuts

    Onseker oor waar om te begin? Probeer ons Open Innovation Toolkit.

Hoe Mozilla die oopbronbeweging ondersteun

  • Bydraes tot die ekosisteem

    Deur direk tot die oopbron-ekosisteem by te dra deur ons produkte, boustelsels en onderliggende stelsels, en die gemeenskap te koester op Mozilla se ontwikkelaarsnetwerk.

  • Ondersteuning

    Met die stigting van MOSS, Mozilla se program om oopbronprojekte te ondersteun deur terug te gee aan die beweging waaruit ons gebore is.

Patente: Om 'n stelsel te bou wat innovering aanmoedig

Ons patentstelsel moet mét en vír oop innovering werk, nie daarteen nie.

Patente is ontwerp om as kreatiewe aansporing vir innovering te dien. Maar die patentstelsel en sagtewareontwikkeling sit nie altyd langs een vuur nie. Sagtewarepantente word dikwels so breed geformuleer dat hulle oop staan tot waninterpretasie, en eksklusiewe regte kan die rakleeftyd van die sagteware ver oorleef. Dit alles skep struikelblokke en onsekerheid vir innoveerders, en laat die deur oop vir patenttrolle en eindelose litigasie.

Hoe om patentbeleid te beïnvloed

  • Gebruik oopbronsagteware

    Soek vir oopbronalternatiewe vir die produkte wat mens elke dag gebruik. Daar is keuses hier en hier beskikbaar.

Hoe Mozilla patentbeleid beïnvloed

Lus vir meer?

Lees meer oor Oop innovering in ons Internetgesondheidverslag.