'n Gesonde Internet sluit almal in

Hoe meer stemme, perspektiewe, tale, en mense bydra tot die Web, hoe ryker is die ervaring vir almal. Maar die ganse Internet is nog nie toeganklik, verwelkomend, en veilig vir almal nie. Saam het ons die mag om die rigting van die Web, asook die wêreld, te bepaal. 'n Gesonde Internet is toeganklik vir elkeen.

Digitale insluiting beteken bevordering van diversiteit

As die Internet sy grootste belofte wil vervul, moet dit die diversiteit en ondervinding van alle mense, oral weerspieël.

Hoe inklusief die Web ook mag lyk, is die speelveld nog nie gelyk nie. Meer as helfte van die wêreld het nog nie toegang nie; ontluikende ekonomieë en gemarginaliseerde gemeenskappe kry gewoonlik laaste toegang. Heelwat minder vroue as mans gebruik die Internet. En sonder diversiteit onder sy skeppers, sal die Web onbewuste vooroordele reflekteer, en algoritmes wat verpersoonlik kan ons eies versterk.

Hoe om diversiteit te bevorder

  • Skep webinhoud

    Skep nuwe webinhoud – soos video’s, webjoernale, GIF’s – in jou taal, relevant tot jou area.

  • Bou hulpbronne

    Bou ’n hulpbron soos Wikipedia wat die hindernisse tot kennis aansienlik verminder – of nóg beter, help om dit te bou. Wikipedia benodig meer, en meer diverse, bydraers.

Hoe Mozilla diversiteit bevorder

  • Bevordering van toeganklikheid

    Ons bevorder standaarde vir webtoeganklikheid, en maak Firefox meer inklusief deur pogings soos ons toeganklikheidspan.

  • Opbou van digitale vaardighede

    Venootskap met VN Vroue om vroue in Afrika en reg oor die wêreld te help om digitale sleutelvaardighede te bou.

Digitale insluiting beteken respek

Ons moet almal ten volle kan deelneem op die Internet, sonder bedreiging vir ons reputasies, ons selfvertroue, of ons veiligheid.

Ons het al almal genoeg aaklige opmerkings by artikels gesien. Soms voel die web soos 'n redelik onvriendelike plek – veral vir vroue, minderhede en lede van gemarginaliseerde gemeenskappe. Deur mense te ontmoedig om die Internet te gebruik, bedreig boelies en geweld aanlyn nie net individue nie, maar ook die Internet self.

Hoe om respek te beoefen

Hoe Mozilla respek beoefen

  • Ons ondersteun hulpmiddels vir veiligheid

    Ons ondersteun die Coral-projek wat verbeteringe bring aan hoe joernaliste en gemeenskappe ontmoet op nuuswebwerwe, onder andere met hulpmiddels soos Talk, wat poog om slimmer, veiliger kommentaarafdelings te skep.

  • Ons bemagtig individue

    Die skep van oop leerplanne wat mense bemagtig om veilige ruimtes aanlyn te skep, soos die Teaching Kit: Combating Cyber Violence Against Women and Girls.

Digitale insluiting beteken ondersteuning vir universele toegang tot die hele Internet

Ons moet almal bekostigbare, hoëgehalte-, onbeperkte toegang hê tot die hele Web sodat die hele wêreld daarby kan baat.

Om deel te neem aanlyn, moet mens in staat wees om aanlyn te kom. Programme het na vore gekom wat gratis of gesubsidieerde Internettoegang aanbied, maar dit is dikwels stadig of beperk, en dit skep 'n “arm Internet vir arm mense.” Meer ekstreme gevalle is hoe regerings wêreldwyd Internettoegang of dele daarvan afskakel om hulle eie agendas te dien. Dit kan menseregte asook die gesondheid van die wêreldekonomie bedreig.

Hoe om universele toegang te ondersteun

  • Skenk tegnologie

    Skenk ou rekenaars, skootrekenaars en selfone aan liefdadighede soos Reconnect, Students Recycling Used Technology, of Interconnection, wat hulle herstel en versprei onder minder gegoede gemeenskappe.

  • Bevorder openheid

    Vertel verteenwoordigers dat oop en bekostigbare Internettoegang 'n beleidsprioriteit moet wees.

Hoe Mozilla universele toegang ondersteun

  • Bevordering van neutraliteit

    Veg vir netneutraliteit, sodat almal toegang het tot die selfde Internet.

  • Verbindings vir die onverbonde

    Ondersteuning vir die Equal Rating Innovation Challenge om nuwe oplossings te kry om mense sonder toegang te verbind aan die volle, oop Internet.

Lus vir meer?

Lees meer oor digitale insluiting in ons Internetgesondheidverslag.