Mozilla is 'n wêreldwye gemeenskap wat werk as 'n organisasie vir publieke voordeel om die web 'n gedeelde globale hulpbron te hou. Passie dryf ons en sosiale verantwoordelikheid stuur ons in ons strewe om 'n web te maak wat vir ons almal beter sal wees, vandag en in die toekoms.
Ons prysbekroonde, oopbron-sagtewareprodukte en -tegnologie word gratis aangebied aan alle mense in meer as 40 tale.
Mozilla se hoofkwartiere is in Mountain View, Kalifornië met streekskantore in Tokyo en Parys.
